Kleinhoewe Kleuterskool Aansoekvorm

 



Oor Ons

Oor Ons

Missie

Kleinhoewe Kleuterskool se missie is om:

  • gelukkige, selfstandige, leergierige kinders te kweek.  
  • die beste diens aan ouers sowel as kinders te lewer
  • ‘n oopdeurbeleid te handhaaf en goeie kommunikasie tussen partye te bewerkstellig.  
  • elke kind se menswaardigheid te koester en binne die Christelike riglyne op te voed.

Missie

Kleinhoewe Kleuterskool se missie is om:

  • gelukkige, selfstandige, leergierige kinders te kweek.  
  • die beste diens aan ouers sowel as kinders te lewer.
  • ‘n oopdeurbeleid te handhaaf en goeie kommunikasie tussen partye te bewerkstellig.  
  • elke kind se menswaardig-heid te koester en binne Christelike riglyne op te voed.

Visie

Kleinhoewe se visie is om kinders te ontwikkel en laat groei tot selfstandige wesens op kognitiewe, emosionele en fisiese vlak met ‘n gesonde selfbeeld sodat hulle met deernis en empatie met ander en die natuur kan omgaan.

Visie

Kleinhoewe Kleuterskool se visie is om kinders te ontwikkel en te laat groei tot selfstandige wesens op kognitiewe, emosionele en fisiese vlak met ‘n gesonde selfbeeld, sodat hulle met deernis en empatie met ander en die natuur kan omgaan.

Ons skool

Kleinhoewe Kleuterskool is net buite Rustenburg geleë. Ons bied aan voornemende ouers die keuse van ‘n babaskool, peuter-pretpark en volwaardige kleuterskool. Die akademiese program is deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk saamgestel en word deur Die Mos Inisiatief geïmplementeer. Hierdie is ook die eerste volwaardige MOS-kleuterskool in die land! Kleinhoewe Kleuterskool is dus nou nog beter met MOS!

Ons Hoof en Personeel

Die skool het kundige, ervare personeel wat die belang van die kinders as eerste prioriteit stel. Onder leiding van Bernadette Cilliers, die skoolhoof, is “in belang van die kind” nie net ‘n sêding nie, maar ‘n leefwyse. Kliek hier om ons personeel te ontmoet.
By Kleinhoewe glo ons aan voortdurende leer en word opleidingsessies as uiters belangrik beskou. Personeel woon onder andere noodhulpkursusse by sodat noodgevalle met kalmte, tog die nodige erns hanteer kan word.
Personeel skep Whatsapp-groepies van al die maatjies in hul klassies waar foto’s en belangrike
 inligting daagliks gekommunikeer word.
In die babaskool en peuter-pretpark het ons assistente wat ‘n handjie bysit in die klassies. 
Ons terreinpersoneel is baie lief vir ons maatjies en sorg dat alles netjies en skoon bly. Ons het ‘n opgeleide kombuisdame wat sorg dat etes altyd smaaklik en betyds is. Kliek hier vir ons volledige spyskaart.

Ons hoof en personeel

Die skool het kundige, ervare personeel wat die belang van die kinders as eerste prioriteit stel. Onder leiding van Engela de Kock, die skoolhoof, is “in belang van die kind” nie net ‘n sêding nie, maar ‘n leefwyse. Kliek hier om ons personeel te ontmoet.
By Kleinhoewe Kleuterskool glo ons aan voortdurende leer en word opleidingsessies as uiters belangrik beskou. Personeel woon onder andere noodhulpkursusse by sodat noodgevalle met kalmte, tog die nodige erns, hanteer kan word.
Personeel skep Whatsapp-groepies van al die maatjies in hul klassies waar foto’s en belangrike inligting daagliks gekommunikeer word.
In die babaskool en peuter-pretpark het ons assistente wat ‘n handjie bysit in die klassies. 
Ons terreinpersoneel is baie lief vir ons maatjies en sorg dat alles netjies en skoon bly. Ons het ‘n opgeleide kombuisdame wat sorg dat etes altyd smaaklik en betyds is. Kliek hier vir ons volledige spyskaart.

Perseel

Perseel


Die speelgrond is ‘n kinderparadys! Ons spog met sewe klimrame, twee netjies toegeruste sandputte (met skadunette), ‘n fietsiebaan met padtekens, een groot McDonalds-klimapparaat, ‘n mini-hindernisbaan, ‘n mini-netbalbaan, rugbypale, ’n groot grasarea en sommer lekker baie koelte.

Babasentrum

Babasentrum


Ons akkomodeer babas vanaf ses weke oud. Die klassies is ruim en is toegerus met ‘n ketel, mikrogolfoond en yskassie. Aparte rakkies met baba se gemerkte produkte is buite die bereik van ontdekkende handjies. Elke klassie het ook ‘n wasbak met skoon lopende water. Maatjies slaap in splinternuwe kotte met matrassies wat maklik skoongehou kan word. Binnespel ouderdomsgeskikte apparate is beskikbaar om ‘n stimulerende omgewing te verseker.

Babasentrum

Babasentrum


Ons akkomodeer babas vanaf ses weke oud. Die klassies is ruim en is toegerus met ‘n ketel, mikrogolfoond en yskassie. Aparte rakkies met baba se gemerkte produkte is buite die bereik van ontdekkende handjies. Elke klassie het ook ‘n wasbak met skoon, lopende water. Maatjies slaap in splinternuwe kotte met matrassies wat maklik skoongehou kan word. Binnespel ouderdomsgeskikte apparate is beskikbaar om ‘n stimulerende omgewing te verseker.

Peuter-pretpark

Peuter-Pretpark


Hierdie groot klassies akkomodeer maats van tussen een en twee jaar. Hier leer hulle om bietjie meer selfstandig te wees en sit daarom al by ‘n tafeltjie en eet. Die klassies is elk met ‘n ketel, yskas en mikrogolfoond toegerus. Ouderdomsgerigte aktiwiteite vind binne en buite met toepaslike apparaat plaas.

Kleuterskool

Kleuterskool


Elke klas is met tafeltjies, stoeltjies, ‘n boekhoek, matarea en fantasie-area toegerus. Daar is ‘n badkamer in elke klas, sodat maats nie sonder toesig rond beweeg nie. Die maatjies volg ‘n uitgewerkte kurrikulum volgens temas. Kunswerkies word teen die mure uitgestal en later huis toe gestuur. Buitespel en sosialisering word aangemoedig en kinders word toegelaat om buite vry rond te beweeg onder streng toesig.

Kleuterskool

Kleuterskool


Elke klas is met tafeltjies, stoeltjies, ‘n boekhoek, matarea en fantasie-area toegerus. Daar is ‘n badkamer in elke klas, sodat maats nie sonder toesig rond beweeg nie. Die maatjies volg ‘n uitgewerkte kurrikulum volgens temas. Kunswerkies word teen die mure uitgestal en later huis toe gestuur. Buitespel en sosialisering word aangemoedig en kinders word toegelaat om buite vry rond te beweeg onder streng toesig.

Uniekheid

Uniekheid


Kleinhoewe is die enigste kleuterskool in die Rustenburg-omgewing wat met ‘n verskeidenheid plaasdiere kan spog. Die plaasdiere drae by tot ‘n heerlike, rustige plaasatmosfeer. Kinders kry geleentheid om die diere te voer en te hanteer. Dit leer hulle die waarde van lewe en die natuur. Ons het ‘n donkie, ‘n skaap, eende, ganse, hoenders, duiwe en marmotte.
Lees meer oor die verbintenis met Die MOS Inisiatief deur hier te kliek.
Share by: