Kleinhoewe Kleuterskool Aansoekvorm

 



Algemene Inligting

Finansies

 Finansies

Maandelikse fooie:

Kleinhoewe se fooi vir 2024 is:
  • Kleuters vanaf 18maande tot 5 jaar is R2 600pm
  • Babaklas (tot in met 18 maande) R2 850pm
As daar 'n 2de kind is is die fooie vir 2de kind R2 350

Registrasie geld (Benodighede fooi) R750 betaalbaar vir Januarie en R750 betaalbaar Junie.

Dagtarief:

R200 (maatjies van Kleinhoewe-kleuters en nuwe maatjies is baie welkom om ons vir ‘n dag te besoek.)

Registrasies, affiliasies en lidmaatskappe

Dit is vir elke ouer belangrik om gemoedsrus oor sy/haar kind se welstand, versorging en onderrig te hê. Kleinhoewe Kleuterskool kan elke ouer met ‘n groot vrymoedigheid met die volgende registrasies, affiliasies en lidmaatskappe, wat verseker dat die skool aan die nodige eise voldoen om slegs die beste aan elke kind te bied, gerusstel:
  • Die skool is ‘n divisie van die maatskappy Die Mos Skole Groep (Edms.) Bpk. Registrasienommer: 2019/392487073, die maatskappy is ‘n 100% filiaal van Die Mos Inisiatief (Edms) Bpk.
  • Kleinhoewe Kleuterskool is deur die plaaslike owerheid goedgekeur, asook nasionale gesagstrukture soos die departement van sosiale ontwikkeling vir vroue, kinders en mense met gestremdhede in die Noordwes-regering .Verwysingsnommer: 3/2/2/340
  • Die perseel, sowel as die kombuis, is deur die departement van gesondheid goedgekeur.
  • Kleinhoewe Kleuterskool is ‘n lid van die V.V.O.S (Vereniging vir Voorskoolse Onderwys en Sorg)

Algemene skoolreëls en veiligheid

Geen kind sal aan enigiemand anders as die toegewysde, goedgekeurde persone soos op die aansoekvorms aangedui, toevertrou word nie.  Indien ouers ‘n alternatiewe reëling vir die afhaal van ‘n kind wil maak, sal dit slegs skriftelik aanvaar word.  U kind se veiligheid en welstand is ons prioriteit en geen uitsondering sal in die verband gemaak word nie- al ken u die persoon baie goed.

U kind floreer op u goedkeuring, aansporing en onderskraging.  Dit is daarom belangrik dat u hulle soveel as moontlik ondersteun in aktiwiteite waarin hulle deelneem of belangstel.  Alhoewel die personeel die nodige liefde en sorg bied kan ons nooit die rol van ‘n pappa of mamma vervang nie!

Hetsy gelukkig of ongelukkig; ons hoor graag van u!  Ons glo in oop, eerlike kommunikasie en sal dit waardeer indien u ook aan hierdie waarde sal voldoen.  Dit is egter belangrik dat u die inligting met ons deel en nie u buurman,-vrou, vriendin of die kassier by die hardewarewinkel nie.

Die spoedlimiet is 20km/uur op die skoolterrein.  Daar sal streng teen oortreders opgetree word.  Ons kinders se veilgheid is prioriteit en nie onderhandelbaar nie.

Hester Kuhn

Baba Klas

Charlise Luyt

Peuter en Potjie Klas

Michelle Kleynhans

2 tot 3 jaar Klas

Hester Kuhn

Baba Klas

Charlise Luyt

Peuter en Potjie Klas

Michelle Kleynhans

2 tot 3 jaar Klas

Amore van Niekerk

2 tot 3 jaar Klas

Mirike Leadly

4 jaar Klas

Cherize van Wyk

5 jaar Klas

Zani Fourie

Middag Juffrou

Amore van Niekerk

2 tot 3 jaar Klas

Mirike Leadly

4 jaar Klas

Cherize van Wyk

5 jaar Klas

Zani Fourie

Middag Juffrou

Meer Fotos

Skakel
Lees meer oor die verbintenis met Die MOS Inisiatief deur hier te kliek.
Share by: