Kleinhoewe Kleuterskool Aansoekvorm

 




Kleinhoewe Kleuterskool -
Die plaasskool waar jou kind ontwikkel en groei 

Meer Inligting



Die plaasskool waar jou kind ontwikkel en groei 


Meer Inligting

Welkom! 

Baie welkom by Kleinhoewe Kleuterskool – die plaasskool in die stadsgewoel waar jou kind in vars lug deur ons leer-deur-speel-kultuur sal floreer! Goeie waardes is vir ons netso belangrik as vir ons ouers en daarom is Kleinhoewe ‘n verlenging van die ouerhuis waar elke kind met liefde, deernis en begrip versorg word.

Wat ons bied

Dagprogram en kurrikulum
By ons ontwikkel jou kind deur ontdekking en speel. Die dagprogram is so saamgestel dat jou kind se kognitiewe, geestelike, fisiese en emosionele behoeftes bevredig word. Elke kind is uniek en geliefd by ons. Die program is deur die Afrikaanse Onderwysernetwerk ontwikkel onder leiding van Wilna van Rooyen met meer as 40 jaar se ondervinding van vroeë kind ontwikkeling.  Kliek hier vir die volledige dagprogram vir babas
Kliek hier vir die volledige dagprogram vir seniors.
Fotodag
Daar word jaarliks ‘n fotograaf gereël wat professionele foto’s neem wat dan deur ouers bestel en betaal kan word. 
Oupa - en oumadag
Oupas en oumas speel n belangrike rol in kinders se ontwikkeling. Ons nooi hulle graag om '‘n spesiale bederfdag saam met hulle kleinkinders by ons deur te bring. Dis een van ons hoogtepunte van die jaar en almal is altyd baie opgewonde om oupa en ouma by die skool te hê!
Konsert
Die groter maatjies neem almal aan ‘n informele konsert deel. Die doel is om ouers te wys wat hulle alles al geleer het en om maatjies die kans te gee om hulself op kulturele vlak uit te leef. 
Ekstra aktiwiteite
Daar is ‘n magdom van aktiwiteite wat teen n ekstra koste by Kleinhoewe aangebied word. Ons wil soveel geleenthede as moontlik vir ons kleuters gee om te ontwikkel sonder om ekstra druk op ons ouers te plaas van n voortdurende rondryery. Inligting word deurlopend gekommunikeer met ons ouers.
Mini-netbal en Bulletjierugby is wel ingesluit by die skool se kurrikulum.

Algemene Inligting

Meer inligting oor finansies, registrasies, skoolreëls en veiligheid hier beskikbaar
Skakel
Lees meer oor die verbintenis met Die MOS Inisiatief deur hier te kliek.
Share by: