Skool Personeel en Perseel

Die skool het sy eie Babaskool, Peuter Pretpark en Kleuterskool.

Baba Klasse

Ons akkomodeer babas vanaf die ouerdom van 6 weke oud. In ons eerste fase babaklas, moet ouers alles self bring vanaf kos ,drinkgoed, dagbenodighede bv. Doeke, room, “wipes” en kot-beddegoed. Ons babaklasse akkomodeer 8 babas met 2 assistente en 1 skoonmaker.

Peuter Pretpark

Hierdie maats is 1 jaar en ouer, sodra hulle van al hulle trosies afskeid geneem het, kan hulle na hierdie nuwe uitdaging klasse skuif. Die volgende klas is ons 2 jaar (potty klas). Maat leer “potty training” na hulle 24 maande oud is. Die skool gee ‘n potty boekie en voorskrifte uit wanneer die tyd nader stap vir die nuwe uitdaging.

Kleuterskool

Hierdie maats is volkome van die doek af. Hulle eet self. Hulle leer en volg die uitgewerkte kurrikulum. Maats maak gebruik van die hele speelgrond. Speelplekke word wel afgebaken, volgens toesig punte. Maats kry top uitgekiese onderwyseresse.

Personeel word verplig deur Klein Hoewe standaarde om gekwalifiseerd te wees in die ouderdomsgrope waarvoor sy klas gee asook noodhulp.

Perseel - Speelgrond

Klimrame, sandputte, Mc Donalds, Hop-Scots baan, Fietsry baan, Nebal veld, Rugby pale, Fantasie speelarea, Diere versorging, Rol-tol area.

Perseel - Diere

Bestaan uit ‘n verskeidenheid voëls, tarentale, marmotte, hasies, skilpaaie, gaanse, eende, hoenders, perde, varke, skape, ‘n hond en ‘n kat.