Dienste

Baba Skool

  • In elke klas is daar: ‘n kombuis area, mikrogolf, bar yskas, ketel, matte, speelarea, kotte, veiligheidskameras, radio, lugsuiweringsmasjien.
  • Juffrou monitor daagliks die kind in sy/haar dagboek. Elke baba het sy/haar eie kot en kassie vir persoonlike items soos doeke, room, wipes, bottels, medisyne ens.
  • Muskiet/Vleë Nette oor kotte (wanneer nodig).
  • Goedgekeurde lugreëling.
  • Grasperk ontspanningsarea.
  • Ons help maats ontspan met maseering en rek en strek oefeninge.
  • Dis ‘n veilige omgewing met die nodige sekuriteits hekke, waar ouers moet inkom met ‘n sekuriteitskode.

Peuter Pretpark

  • Die speelgrond is afgesonder van die kleuterskool met tonne ouderdomstoepastelike speelgoed.
  • Die Pretpark het twee lokale. In die eerste lokaal, speel en slaap die maats. Die tweede lokaal is toegerus as ‘n eetplek. Albei vertrekke en speelgrond is onder die
    beskerming van veiligheidskameras.
  • Maats slaap op die skool se matrasse, en die slopies word ook gewas deur die skool.
  • Lekker aktiwiteite word maandeliks beplan om ook die dag simuleerend en leersaam te maak.
  • Maats kry Junie en Desember ‘n vorderingsverslag.

Kleuterskool

  • Hierdie maats werk op die jaarvaste kurikulum en temas.
  • Elke klas het sy eie badkamer. Veiligheidskameras in elke klaskamer.
  • Tema en werksboeke gaan na elke kwataal huistoe.
  • Eksta aktiwiteite word aangebied vanaf hierdie ouderdomme.
  • Neem deel aan die Vrydag Jol program.
  • Maats kry Junie en Desmeber ‘n vorderingsverslag.